• “When you push off from the dock … we’re all in the same boat. 
    This isn’t about cancer anymore. It’s about exercise and health and the rest of your life. 
    When we push off we’re paddling away from breast cancer.” 

    - Dr. Don McKenzie, Founder, Abreast In A Boat 
  • “Life isn’t about waiting for the storm to pass. It’s about learning to dance in the rain!” 

    - Vivian Greene 
  • “Be kinder than necessary, for everyone you meet is fighting some kind of battle.” 

    - T.H. Thompson & John Watson 
  • “I learned that courage was not the absence of fear, but the triumph over it. 
    The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear.’ 

    - Nelson Mandela 

Kapenaar roei in Britse jubileum

Jana Breytenbach ~ Die Burger, Monday 30th April 2012

KAAPSTAD. – ’n Kaapse vrou wat haar stryd teen borskanker ge- wen het, is gekies om in Junie aan die Britse diamant-jubileumfees van koningin Elizabeth II in Lon- den deel te neem.

Elizabeth II is 60 jaar gelede as koningin gekroon. Die fees duur van 2 tot 5 Junie.

Borskanker is in 2005 by me. Ju- dy Wilson (60) van Dieprivier ge- diagnoseer en sy het ’n mastekto- mie ondergaan. Daarna het sy ook chemoterapie- en bestralingsbe- handeling ontvang.

Sy kom oorspronklik van Enge- land en het 38 jaar gelede saam met haar man, Nigel, na Suid- Afrika verhuis.

In 2006 het sy by die amaBele Belles draakbootspan aangesluit wat deur me. Pam Newby gestig is. Amabele beteken “vrouebors” in Xhosa en Zoeloe. Dié hele span bestaan uit vroue wat borskanker oorwin het.

“Dit is ’n groot eer om gekies te word as deelnemer aan die Britse feesvieringe. Ek gaan deel van die geskiedkundige gebeure wees,” het Wilson gesê.

Die Internasionale Borskanker- kommissie het ’n uitnodiging aan die span gestuur om ’n afgevaar- digde na die jubileumvieringe te stuur. Daarna moes die vroue mo- tiveringsbriewe skryf oor waar- om hulle vir die jubileum-span ge- kies moet word.

Wilson se brief is as die wen- brief gekies. Sy sal op 3 Junie as lid van die Internationally Abreast-span aan die jubileum- draakbootflottielje deelneem.

“Gelukkig was niemand jaloers omdat ek gekies is nie. Dit is die wonderlike eienskap van ons span. Ons ondersteun mekaar 100% en is altyd daar vir me- kaar,” het Wilson gesê.

Sy vlieg op 30 Mei na Londen en oefen op 1 en 2 Junie saam met die Internationally Abreast-span.

Die roete van sowat 20 km op die Teems strek van die Battersea- brug tot duskant die Tower-brug.

Die flottielje bestaan uit 1 000 bote, waarvan die eerste seksie Oosterse draakbote sal wees.

Die koningin sal in ’n vragskuit in die derde seksie vaar.

Die flottielje, wat ook stoombo- te, seiljagte en motorbote insluit, verteenwoordig Brittanje en Sta- tebondlande wêreldwyd. Dit be- loof om een van die glanspunte van die jubileumvieringe te wees.

Daar sal ook ’n waterparade wees met verteenwoordigers van die Britse polisie, brandweer en weermag, asook passasiersbote met sowat 30 000 lede van die pu- bliek as passasiers.

Categories
News Archive
Meet The Belles
Adi Wait

Adi Wait

I am not a cancer patient, although I work as medical secretary for GVI Oncology at Vincent Palotti in ...
Full Story.
Training
Venue:
Behind the Cape Grace Hotel, Victoria & Alfred Waterfront, Cape Town
Time:
Mondays 17h30 for 18h00 and Saturdays 07h30 for 08h00